Tweede geval van koronavirus in Suid-Afrika

Deel hierdie storie / Share this story

Die tweede geval van die gevreesde koronavirus in Suid-Afrika is vanoggend 7 Maart deur Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, bevestig.

Die 39-jarige vrou van Gauteng wat positief vir die virus getoets is, is een van die groep van 10 mense wat onlangs na Italië gereis het. Die geval is direk gekoppel aan die eerste korona-geval in KwaZulu-Natal.

Volgens die minister van gesondheid is die 10 mense wat van Italië na Suid-Afrika gereis het, almal vir die virus getoets. Almal se toetsuitslae is nog nie bekend nie.

Die vrou wat pas vir die virus positief getoets is, is in ‘n gesondheidsfasiliteit in Gauteng opgeneem.