Rommelberg lok kakkerlakke, muise en slange

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Vullis in Diamond Park en gedeeltes van Greenpoint het ’n sekondêre probleem geword. Inwoners moet nou oor pestelensie bekommerd wees, sê ’n raadslid.

Ockert Fourie, DA-raadslid van wyk 25, sê die gebied ondervind ’n geweldige probleem met vullisverwydering. Die hope afval lok kokkerotte, wat weer muise en rotte aantrek, en waar ’n muis is kan jy ’n slang verwag, sê Fourie.

FiND iT het navraag oor die probleem by die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen.