KIMBERLEY – Die Sol Plaatje-munisipaliteit het ’n aantal bywette en beleid wat in 37 dokumente beskryf word. Van hoeveel van die volgende bywette weet jy?
Geboue
Inwoners in die distrik van die Sol Plaatje-munisipaliteit kan byvoorbeeld nie sonder toestemming enige antennastelsel op enige gebou oprig wat 3 m hoër as die hoogste punt van die gebou uitsteek nie. Satellietskottels wat meer as 1 m breed is, word ook nie toegelaat nie. Persone wat die bywet oortree, kan ’n stewige boete of ’n maksimum van een jaar tronkstraf opgelê word.
Troeteldiere
Inwoners kan ook nie enige dier behalwe troeteldiere soos honde, katte, marmotte, hamsters, hase, chinchillas, slange of voëls, sonder die toestemming van die munisipaliteit aanhou nie. Toestemming kan onmiddellik teruggetrek word indien ’n probleem ontstaan waar toestemming verleen is.
Troeteldierwinkels
Eienaars van troeteldierwinkels en salonne het ook verskeie vereistes waaraan hulle moet voldoen. Troeteldiersalonne moet byvoorbeeld stewige staaltafels met ’n duursame blad gebruik waarop diere droog gemaak en gekam moet word.
Bedel
Bedel word ook gereguleer. Geen persoon mag sonder geskrewe toestemming van die munisipaliteit in die openbaar of van deur tot deur loop en bedel nie.
Motorwagte
Geen persoon mag as ’n motorwag optree nie tensy hy/sy PSIRA geregistreer is of by ’n sekuriteitmaatskappy werk nie.
Rommelstrooi
Geen persoon word toegelaat om tuinvullis, motorwrakke of onderdele, bourommel of enige afval in die openbaar te strooi of op te hoop nie.
Bome
Geen persoon word toegelaat om ’n boom te breek, beskadig, merk of verf nie. Geskrewe toestemming moet van die munisipaliteit verkry word om enige boom in die openbaar te knip, snoei, af te kap of te verwyder.
Oorlas en geraas
Geen persoon word toegelaat om in die openbaar te vloek nie. Rommel en enige materiaal wat rook maak, mag nie verbrand word nie. Persone mag ook nie enige reuke wat aanstoot in die openbaar kan gee, veroorsaak nie. Persone mag ook nie ’n oorlas in die openbaar maak deur te sing, ’n instrument te speel, ’n enjin te laat hardloop of deur middel van ’n luidspreker of op enige ander wyse veroorsaak nie.
Swaarvoertuie
Geen persoon word toegelaat om swaarvoertuie wat ’n massa van meer as 9000 kg of ’n sleepwa met ’n massa van meer as 1 000 kg vir langer as twee ure in ’n straat laat staan nie.
Pamflette
Geen pamflette mag sonder geskrewe toestemming van die munisipaliteit op motorruite geplaas word of in die openbaar uitgedeel word nie.
Die bogenoemde is maar ’n handvol voorbeelde. Inwoners van die munisipaliteit word gemaan om die bywette na te gaan om seker te maak jy verstaan jou regte.
Bywette van die Sol Plaatje-munisipaliteit
- Advertising Signs and Disfigurement of the Fronts or Frontages of Streets
- Aerial Systems
- Keeping of Animals, Poultry & Bees Control
- Building Control
- Caravan Park
- Cemeteries
- Debt Collection
- Electricity
- Fire Brigade
- Fireworks
- Keeping of Dogs Control
- Land Use Management Scheme
- Law Enforcement By-law
- Property Rates By-Law
- Residential Business
- Standing Orders
- Street Trading Control
- Swimming Pool
- Taxi Ranks
- Water Services
Munisipale beleid
- Asset Management
- Budget and Virements
- Bulk Contributions
- Cash Management and Investment
- Consumer Deposit
- Contracts Performance Management
- Credit Control
- Customer Services Credit Control Debt Collection
- Debt Write Off
- Disposal of Moveable Assets
- Documents and Records Management
- Fraud and Anti-Corrupt
- Fraud Prevention Plan
- Free Basic Services
- Indigent Management
- Intergrated Performance Management Framework
- Land Use Management Scheme
- LED Strategy
- Long term Financial Planning
- Materiality and Significance Framework C38-05-18
- Occupational Health and Safety
- Revenue Enhancement Strategy
- Short and Long-term Borrowing
- Risk Management
- Internal Audit
- Regarding Audit Committee
- Property Rates
- Recruitment Selection
- Risk Management Framework
- Sexual Harrassment
- Spatial Planning and Land Use Mangement Act
- SSEG PV
- Subsistence and Travelling Allowence
- Supply Chain Mangement
- Tariffs
- Ward Committees
- Water Restrictions



