KIMBERLEY – ’n Ernstige lekkasie in Sentraalweg naby Laerskool Du Toitspan, waar ’n gedeelte van die pad beskadig is, maak dit moeilik vir motoriste.
Ockert Fourie, DA-raadslid van wyk 25, sê water van die lek loop om die hoek in Austenstraat af.
Swaar voertuie, onder andere myntrokke wat van die pad gebruik maak, is te blameer, sê hy.



