Op 5 Maart is die eerste amptelike geval van die dodelike koronavirus in Suid-Afrika bevestig.
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het vanoggend bevestig dat die 38-jarige man positief vir die virus getoets is.
Die persoon het saam met sy vrou van Italië na KwaZulu-Natal gereis. Hulle was deel van ‘n groep van 10 mense wat op 1 Maart in Suid-Afrika geland het.
Die pasiënt het ‘n privaatdokter op 3 Maart gaan sien, met simptome van koors, verkoue en ‘n hoofpyn. Die verpleegster het monsters van die pasiënt na die laboratorium gestuur.
Die pasiënt en sy dokter is van 3 Maart af onder kwarantyn gehou.




