PRETORIA – Sibusiso Mnisi, ’n inwoner van Pretoria, het ’n eienaardige blougroen slang op Elandsfontein gesien en het op Facebook vir hulp gevra om dit te identifiseer.
Mnisi het ’n foto van die slang in die Facebook-groep Snakes of South Africa geplaas. Die slang is op die plasing deur Lucille Marais as ’n gespikkelde bosslang geïdentifiseer.
Neil Visagie het gevra of die gespikkelde bosslang nie groen is nie.
Jordan Foster het daarop geantwoord en gesê groen slange word blou as hulle vrek omdat die geel pigment in hul vel vinniger as wat die blou pigment afbreek .




