KIMBERLEY – “Hulle is net vol van beloftes, beloftes beloftes! Maar wanneer dit kom by dienslewering… watse diens kry ons?”
Frikkie Delport, inwoner van Cartersweg in Carters Glen, is keelvol vir die vullis wat gister weer nie deur die vullisverwyderingstrokke opgelaai is nie. Volgens Delport is dit ’n gereelde situasie waarmee almal in daardie gebied sit.
FiND It het by die Sol Plaatje-munisipaliteit navraag gedoen oor wanneer die vullis in die area verwyder sal word, maar wag nog vir terugvoer.



