Pit bull in Carters Glen vermis

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Alvandrè Louw, ’n inwoner van Carters Glen, doen ’n beroep op die gemeenskap om hulle te help om hulle pit bull Queen op te spoor.

Volgens Louw het Queen gisteroggend in Cathedral Peak weggeraak. Louw sê ’n beloning van R500 word aangebied aan enigeen wat help om haar terug te kry.

Indien u die hond gewaar, kontak vir Michael by [email protected] of 061 522 6406.