SUID-AFRIKA – Richard en Hein Prinsloo Curson is lewensmaats en gesamentlike direkteure van Noah’s Ark Foundation.
Die ark sal in KwaZulu-Natal naby die grens van Mosambiek gebou word. Dit gaan nie ’n reuseskip wees nie, maar gaan soos ’n natuurbewaringspark wees waar die diere in glaskoepels, wat hul natuurlike habitat namaak, gaan leef.
Die park sal in geheel 100 km x 100 km groot wees waar een glaskoepel ongeveer 1 km x 1 km groot sal wees. Dit sal waarskynlik meer as R 1 miljard kos om te bou.
Bron: Netwerk24



