KIMBERLEY – Kapt. Olebogeng Tau Tawana het misdaadbewustheid tydens ’n regstreekse onderhoud deur Radio Teemaneng aangewakker.
Kapt. Tawana het misdaadaangeleenthede wat verband hou met kabeldiefstal en geslagsgebaseerde geweld uitgelig.
Die tempo waarteen kabeldiefstal in die Noord-Kaap plaasvind, is kommerwekkend. Diefstal van ysterhoudende en nie-ysterhoudende metale hou ’n ekonomiese bedreiging in. Koperkabeldiefstal en skade aan noodsaaklike infrastruktuur kan tot groot geldelike verliese vir maatskappye lei.
“Gemeenskapslede word versoek om hulself te weerhou om koperkabels te steel of daarmee te peuter. Eienaars van skrootverwwe word versoek om diegene wat vermoedelik gesteelde koperkabels verkoop, aan te meld,” het kapt. Tawana gesê.
Die polisie ontmoedig dade van geslagsgeweld. Vroue en kinders moenie gesien word as voorwerpe wat misbruik kan word nie. Hulle moet eerder ten alle tye beskerm word. Kapt. Tawana het vroue aangespoor om nie stil in die hande van misbruikers te sterf nie. Hulle moet enige vorm van mishandeling by die naaste polisiekantoor aanmeld en advies inwin.



