September 16, 2021

15 van die vreemdste trourokke

’n Bruid se rok is een van die hoogtepunte by enige bruilof. Meeste vrouens sal ‘n meer eenvoudige, elegante keuse maak as dit by die ontwerp van haar trourok kom, terwyl ander weer graag koppe wil laat draai. Hier is 15 van die vreemdste trourokke wat al gedra is.

  • Die koek-rok
    Dalk het hierdie bruid gedink sy sal geld spaar deur haar troukoek sommer as ‘n rok te dra.
  • Die doek-rok
    Hierdie bruid berei haarself solank emosioneel… én fisies voor vir die babas wat op pad is.
  • Ferrero Rocher-rok
    As haar bruidegom ‘n sjokeladeliefhebber was, kon hy seker nie sy hande van haar afhou nie.
  • Malvalekker
    ‘n Mens kan net wonder of haar bruidegom nie dalk seergekry het nie.
  • Die lig in jou lewe
    Die bruid is vir seker die lig in haar man se lewe.
  • Help!
    Die vriende en familie van hierdie bruid en bruidegom wou tog te graag deel wees van die groot dag.
  • Reënboog-rok
    Hierdie paartjie kon seker nie op een kleur vir hulle troue besluit nie. Hoekom nie al die kleure nie?
  • Roos-rok
    Die bruid het besluit om haar ruiker te dra.
  • Hierdie troue is geborg deur…
    ‘n Troue kan mos maar ‘n duur affêre raak. Dié paartjie het met ‘n blink idee om die troue bekostigbaar te maak, vorendag gekom.
  • ‘n Pou se groen en blou vere bly maar een van die mooiste goed!
  • Dis altyd ‘n goeie ding om een te wees met die natuur.
  • Gekamofleer
    As dit nie vir daardie bos blomme was nie, sou nie een van ons die bruid raakgesien het nie.
  • Hoekom ou plastieksakke en nylontoue weggooi as jy dit kan gebruik om jou trourok aanmekaar te flans?
  • Aanhanger nommer een
    Daar is nie ‘n beter manier om jou lojaliteit aan jou span te bewys nie.
  • Bly weg van my af
    Miskien wou hierdie bruid die ongemaklike drukke en soene van familielede wat haar wou gelukwens, ontduik.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *