Korona: Bevestigde geval in Afrika

Deel hierdie storie / Share this story

Op 28 Februarie is ’n geval van die dodelike koronavirus op die Afrika-kontinent bevestig.

’n Italianer het van Milan na Nigerië gereis en met sy aankoms in Nigerië ’n dokter besoek omdat hy koors gehad het. Hy het die nodige toetse ondergaan en is positief vir die virus getoets. Die 33-jarige man word tans in die hospitaal op Lagos behandel.

Volgens The New York Times is daar al in 26 Afrika-lande moontlike gevalle van die koronavirus aangemeld. Net twee van hierdie lande, Egipte en Nigerië, het al amptelike gevalle van die virus bevestig.