Oortreder in Kimberley-Noord vlug

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY –  Nóg ’n oortreder het aan ’n Kimberley-huiseienaar se vensters gepeuter.

Sandy Davey het op FiND iT se Facebook-blad op ’n berig oor inbrake in Kimberley gereageer. “Iemand het by een van die vensters aan die agterkant van my huis gepeuter. Ek het die buitelig aangeskakel. Die oortreder het weggehardloop toe ek die lig aangeskakel het na ek voetstappe gehoor het. Die honde het erg geblaf en te kere gegaan. Die oortreder het oor die muur gespring en geval in sy poging om uit my erf te kom.”

Davey voel die Kimberley-Noord-uitbreiding kan daarby baat om ’n  buurtwag in die omgewing te hê.

Die voorval het omstreeks 04:00 Donderdagoggend op 27 Februarie 2020 plaasgevind.