Roodepan-slaggate maak moedeloos

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Alle Kimberliete is bewus van die slaggat-probleme in die dorp. In party gebiede, soos in Roodepan, val die paaie uitmekaar en maak die inwoners van die sypaadjies gebruik om op te ry.

Bevelyn Jardine, ’n inwoner van Roodepan, sê op Sol Plaatje Community Forum se Facebook-blad dit is nie normaal om so te moet sukkel nie. “Op die hoek van Ravenstraat in Roodepan is die slaggate so erg, die voertuigeienaars gebruik al die sypaadjie voor my ma se huis om op te ry.”

Jardine vra op die Facebook-blad vir hulp van Sol Plaatje-munisipaliteit, aangesien die slaggat-probleem begin om die inwoners van Roodepan moedeloos te maak.