KURUMAN – Bonolo Gadafi Leeme (25) is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy 14-jarige dogter.
Maj-genl. Johan Bean, polisiewoordvoerder, sê na bewering het Gadafi sy dogter in September 2015 van ’n plaaslike kuierplek af vergesel. “Langs die pad het hy haar met geweld ontklee en verkrag.”
’n Onbekende man wat verbygeloop het, het gesien wat gebeur en Gadafi het weggehardloop. Die onbekende man het die slagoffer na haar ma vergesel wat die voorval by die polisie aangemeld het.
Die beskuldigde is onmiddellik in hegtenis geneem. Sedert hy in hegtenis geneem is, is hy borgtog geweier.



