KIMBERLEY – Zandile Dwane, ’n pre-matriekleering aan die Hoërskool Noord-Kaap, is ’n opkomende veeltalige sangeres, aktrise en model.
Sy gaan na New York om aan die IMTA-konvensie op 23 Junie 2020 deel te neem om haar talent te toon waar daar 300 agente, produsente en professionele persone in die bedryf teenwoordig sal wees.
Hoogtepunte vir Zandile was toe sy in 2018 die verhoog met plaaslike sangtalent soos Neyi Zimu, Buhle Thela en Puleng March tydens die aanbiddingsaand wat deur HGT in Kimberkey aangebied is, gedeel het.
Zandile het ook die verhoog met Blaze Johnson van The Voice gedeel. Sy het A ++ en diamant-toekennings vir haar sang behaal.
Zandile het ook in die modelkompetisie van die Mej. en Mnr. Glaeshewe 2018 presteer. Joey Hunter, voormalige president van Ford Models en Nate Butler-musiekprodusent en opname-kunstenaar, was deel van die beoordelaarspaneel.
Die IMTA-oefenkamp was die platform waar Zandile die kans gekry het om haarself as kunstenaar op te bou, waar sy deur Gino Lee in sang, Elsubie Verlinden in modelwerk en Hayley Roberts as toneelspel afgerig is.
Terwyl Zandile hierdie nuwe reis onderneem, beoog sy om haar handelsmerk as sanger, akteur en model in die internasionale vermaakbedryf te vestig.



