KIMBERLEY – ’n Aantal mense, van wie sommige spoggerig vir die provinsiale rede uitgevat was, is nie toegelaat nie omrede hulle laat was.
Die deure is om 10:30 gesluit. Laat besoekers is aangeraai om by die tent agter die Mittah Seperepere-konvensiesentrum aan te meld.
’n Uitsondering is gemaak vir ’n bejaarde vrou met ’n kierie, wat deur die kombuis deur sekuriteitspersoneel vergesel is.
Persone wat hoop om volgende jaar die provinsiale rede by te woon, moet sorg dat hulle ’n halfuur vroeër daar is.







