Die 33-jarige aktrise wat die hoofrol in die rolprent, Aurora, speel, vertolk die verhaal van ’n vroulike ruimtevaarder wat in die buitenste ruimte gestasioneer is om sonstorms wat die aarde in gevaar stel, te monitor.
Die sci-fi fliek word deur Lazar Bodroza geregisseer en word vervaardig en gefinansier deur Archlight Films. In ’n verklaring het Archlight gesê: “Sy ontdek skokgolwe van sonstorme is besig om tyd te buig wat haar in ’n emosionele en sielkundige stryd met haar verlede en hede druk.”
Archlight, onder leiding van Gary Hamilton, het saam met Jordan Gertner en Toby Gibson saamgespan om die produksie te lewer. Toby, Pete Bridges en Stuart Willis het die draaiboek geskryf en die produksie is geskeduleer om in Mei in Serwië te begin.
Gary sê Aurora is ’n pragtige, aksiebelaaide, visuelefees wat in die ruimte afspeel en Megan is ideaal om ’n karakter te speel wat duiwels uit haar verlede beveg.



