KIMBERLEY – Me. Joni van Niekerk het op die oggend van 26 Februarie 2020 haar lang en dapper stryd teen kanker verloor. Van Niekerk was vir vier jaar deel van die St Patrick’s CBC-skool se finansiële departement.
Sy was baie gelief en het diep spore in almal se harte wie se paaie met hare gekruis het, getrap.
Die skool se personeel se meegevoel word aan die familie, veral haar seun Darren, en vriende in hierdie moeilike tyd uitgespreek.



