Fochville-plaasaanval: Drie in hegtenis geneem

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Gauteng het ’n ma, haar seun en sy vriend in hegtenis geneem weens die moord op ‘n 84-jarige vrou. Die vrou is op haar plaas in Fochville vermoor.

Volgens kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, was die drie verdagtes, wat op dieselfde perseel as die vermoorde vrou bly, in die besit van die slagoffer se persoonlike besittings. Die polisie het ook met die deursoek van die verdagtes se woonstel op verskeie ander gesteelde goedere afgekom.

Die verdagtes sal binnekort in die landdroshof op Fochville verskyn.