Dwelmhandelaars vasgetrek

Deel hierdie storie / Share this story

UPINGTON – Op 25 Februarie 2020 het die polisie gereageer op inligting wat ontvang is van dwelms wat by twee persele in Paballelo op Upington geberg en verkoop word.

              

Kol. Mashay Gamieldien, woordvoerder van die polisie, sê beide persele is vir dwelms deursoek. “Op die een perseel is ’n vroulike verdagte (47) in besit van 3,328 kg dagga met ’n geskatte straatwaarde van R 23 296 betrap.”

 

By die tweede perseel is ’n manlike verdagte (30) in besit van 100 klein sakkies vol dagga, 305 gram in totaal, met ’n geskatte straatwaarde van R 2 135 betrap.

 

Beide verdagtes is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Upington-landdroshof op aanklag van dwelmhandel verskyn.