14-jarige weer veilig by die huis

Deel hierdie storie / Share this story

Die 14-jarige Lindokuhle Masuku, ’n leerling aan Hoërskool Queens in Johannesburg, is na Maandag se ontvoeringsepisode weer veilig by die huis.

Volgens Steve Mabona, woordvoerder van die onderwysdepartement, is ’n losprys van R5 miljoen vir die seun se vrylating geëis.

Die seun se ouers wil nie graag uitbrei oor die omstandighede waaronder hulle seun ontvoer is nie. Hulle is beide net dankbaar dat hy veilig by die huis is.

Bron: Netwerk24