Lasbrief vir Malema uitgereik

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-LONDON – Die landdroshof in Oos-London het ’n lasbrief vir die inhegtenisneming van Julius Malema uitgereik, omdat hy nie in die hof verskyn het nie.

Malema staan tereg op vyf aanklagte nadat hy glo ’n vuurwapen tydens ’n byeenkoms in die Oos-Kaap in 2018 afgevuur het.

Die arrestasiebevel is tot sy volgende hofverskyning in Mei laat oorstaan.