KIMBERLEY – Die Hoërskool Noord-Kaap se rugbyafrigter, Deon Carney, het ’n gholftoernooi vir die skool se rugbyspan gereël. Verskeie spanne en ook ’n paar individuele spelers het vir die toernooi ingeskryf.
FiND iT was ook tydens die gholftoernooi teenwoordig en het met van die verskeie spelers gesels.
Leiopold Ferreira sê hy speel al gholf vandat ek negejaar oud is. “My pa het my geïnspireer om gholf te begin speel. Tiger Woods is my rolmodel wat gholf aanbetref.”
Ferreira vertel hoe hy die sosialisering wat saam met gholf gepaard gaan baie geniet.
Ferreira is deel van die span wat klub krieket vir Hoërskool Noord-Kaap speel.
Beyers Swanepoel, ’n speler wat individueel ingeskryf het, sê hy speel al vir 15 jaar lank gholf. “Ek speel gholf om maar net uit die huis te kom en om sosiaal te verkeer. Rory McIlroy is my rolmodel in gholf.”
Swanepoel se meisie is ’n onderwyseres aan die Hoërskool Noord-Kaap en daarom het hy besluit om aan die gholftoernooi deel te neem.





