Project Dignity het vandeesweek die eerste Sara Stedy-stoel aan Resthaven-verpleeginrigting geskenk. Martin Viljoen, fisioterapeut, sê die verpleegpersoneel het opleiding op die stoel ontvang. Die Sara gaan die mense van die verpleeginrigting help om uit hul beddens te kom en hul na hul rolstoele en badkamer toe te neem sonder dat enige personeel se rug of nekke beseer word. Project Dignity beplan om binnekort hulle volgende aflewering by Ons Huis-aftreeoord te maak.



