Wie het tyd om vir ure lank agter die kospotte te staan? Deesdae is almal na vinnige, maklike en eenvoudige resepte op soek. Vandag kom hierdie resep van ’n vinnige, maklike en smullekker hoender-alfredo tot jou redding.
Bestanddele:
· 60 ml avokado-olie
· 3 groot hoenderborsfilette, in repies gesny
· 250 g gekapte sampioene
· 1 gekapte knoffelhuisie
· 1 gekapte groot rooi of bruin ui
· 250 ml room
· 1-2 ryp avokado’s
· 400 g pasta, in soutwater gaargemaak
Metode:
Meng die helfte van die olie met die hoenderrepies deur die hoender, geur dit goed met sout en peper.
Braai die hoenderrepies teen ’n hoë hitte.
Verwyder die hoenderrepies wanneer dit gaar is en sit eenkant.
Braai die sampioene in die oorblywende olie.
Haal die gebraaide sampioene uit die pan en sit ook eenkant.
Braai dan die opgekapte ui en knoffel tot dit glansend.
Voeg die room by en skep die sampioene en hoender terug in die pan.
Laat prut die mengsel tot die hoender gaar is en die sous effens verdamp het.
Roer die warm, gekookte pasta deur die hoender-en-roommengsel.
Bedien met gekapte avokado en pietersielie bo-op.
Sit die dis dadelik voor.
Die bereidingstyd is ongeveer vyf minute.
Die gaarmaak tyd is ongeveer 20 minute.
Die resep lewer vier porsies.
Vanaand kan elke huisgesin ’n watertand, smullekker hoender-alfredo geniet.
Bron: Netwerk 24



