BLOEMFONTEIN – Chris Smith (42) het Woensdag in die streekhof in Bloemfontein verskyn oor twee klagte van motordiefstal wat teen hom opgelê is. Smith het sy jare lange dwelmprobleem blameer vir die misdade wat hy gepleeg het. Hy het die hof gevra om hom genadig te wees en hom nie tronk toe te stuur nie, maar eerder na ‘n rehabilitasiesentrum.
Bron: Netwerk24



