KWAZULU-NATAL – ’n Man (36) is vyf jaar tronkstraf gevonnis na hy skuldig bevind is aan die ontvoering van ’n 13-jarige meisie. Sthembiso Amon Mchunu het die meisie in Augustus 2018 ontvoer. Hy is ook onbevoeg vir die besit van ’n vuurwapen verklaar.
Bron: TimesLive



