KIMBERLEY – ’n Anonieme video is aan FinD IT gestuur vanaf ’n student aan die Sol Plaatje-universiteit wat ongelukkig is. Die betoging ruk handuit en maak studente wat wíl leer, ongelukkig.
Die student vertel aan FiND iT hoe studente wat nie deel is van die betoging nie, bang is om klasse by te woon. Hierdie studente is bang die betogers besluit om hulle te teiken.
Die student sê: “Die studente wat betoog het ons uit die klasse uitgegooi. Hulle is ontevrede oor die interdik wat teen hulle gekry is. Die van ons wat klasse bywoon is omgekrap en ongelukkig.”
Die polisie is na die Sol Plaatje-universiteit ontbied.
https://www.facebook.com/finditinkimberley/videos/240030410338111/


