OOS-KAAP – Die polisie in die Oos-Kaap rig ’n versoek aan die gemeenskap vir hulp om die vermiste Tazne van Wyk (8) op te spoor wat steeds vermis is.
Tazne is vanaf 7 Februarie 2020 vermis. Sy is laas by ’n snoepwinkel oorkant haar woning in Ravensmead in Kaapstad gesien.
Die polisie bevestig dat die vermeende ontvoerder, Moyhdian Pangkaeker (54), op 17 Februarie 2020 omstreeks 22:15 op Cradock in hegtenis geneem is. Pangkaeker sal binnekort in die landdroshof op Cradock verskyn.
Die vermiste minderjarige is nog nie gevind nie.



