Kuruman veediefstal-eenheid trek man (25) vas

Deel hierdie storie / Share this story

Volgens kol. Mashay Gamieldien is daar op 16 Februarie ‘n saak van veediefstal by die Mothibistad-polisie aangemeld. Die verdagte, wat op Maandag 17 Februarie in hegtenis geneem is, het 21 skape in Manyeding gesteel.

Kol. Gamieldien sê daar is aan die polisie gerapporteer dat ‘n verdagte man die skape aan ‘n inwoner van Upington probeer verkoop het. Na die eintlike eienaar van die skape sy skape gaan identifiseer het, is die verdagte gearresteer.

Die man verskyn binnekort in die landdroshof op Mothibistad.

Foto: Die verdagte.