Koronavirus-uitbraak moontlik 40 jaar terug voorspel

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Riller uit 1981 het die wêreld aan die gons en wek kommer oor die werklike oorsprong van die gevreesde koronavirus wat in Wuhan uitgebreek het. Een van die bladsye in die boek bevat ‘n beskrywing van een of ander biologiese wapen, wat die Wuhan-400 genoem word.

Dean Koontz se boek, The Eyes Of Darkness, handel oor ‘n ma wat antwoorde soek na haar seun se ongeluk. Sy probeer uitvind of haar seun wel in die ongeluk oorlede is of nie.

In hierdie boek word die biologiese wapen, Wuhan-400, beskryf as iets wat in RDNA-laboratoriums ontwikkel is net buite die stad Wuhan. “Dit word die Wuhan-400 genoem, want dit was die 400ste sigbare soort mikro-organisme wat in hierdie laboratorium vervaardig is,” lui die woorde in dié boek.

“Dis die perfekte wapen. Dit teiken slegs mense en net soos sifilis, kan hierdie mikro-organisme nie vir langer as ‘n sekonde buite die menslike liggaam oorleef nie. Dit veroorsaak dat dié organisme enige menslike bestaan permanent infekteer.”

“As ek jou reg verstaan, kan Wuhan-400 ‘n hele stad of land totaal en al uitwis sonder om ‘n dekontaminasie-proses te implementeer voordat hulle die spesifieke area heeltemal oorneem.”

Met hierdie woorde wat in 1981 gepubliseer is, kan dit dalk moontlik wees dat die koronavirus-uitbraak 40 jaar terug al voorspel is? Is hierdie virus mensgemaak? Is daar vooraf beplan om ‘n nasie uit te wis? Of is dit blote toeval?