KIMBERLEY – ’n Vlug vanaf Johannesburg na Kimberley is na Bloemfontein verwys omdat dit nie net voor 18:00 op Kimberley-lughawe kon land nie.
Ongeveer 46 passasiers is op die vlug, wat sopas in Bloemfontein geland het.
Karin Murray, woordvoerder van SA Airlink, sê die vlug moes noodgedwonge in Bloemfontein land. “Die rede waarom die vlug nie betyds is of in Kimberley kon land nie, is as gevolg van die hewige donderstorms wat tans in Kimberley woed. Die situasie word geassesseer en die vlug sal na Kimberley terugkeer sodra die weer dit toelaat.”
’n Leser van FiND iT, wat tans op die vliegtuig is, sê die kaptein het dit goed hanteer. “Ons het ’n paar keer oor Kimberley gesirkel, maar kon nie land. Ons is nou op Bloemfontein en wag vir meer informasie. Almal is bekommerd oor mense wat op hulle wag en is onseker oor hoe laat ons by die huis sal wees.”



