Moenie openbare wifi vir aanlyn bankdienste gebruik nie

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA – Banke en sekuriteitsfirmas maan verbruikers om nie openbare wifi vir aanlyn bankdienste te gebruik nie.

Dit volg nadat Carey van Vlaanderen, uitvoerende hoof van Eset Suid-Afrika, vroeër die maand verbruikers gewaarsku het om versigtig te wees wanneer hulle toestelle aan openbare wifi-kolle verbind, berig MyBroadband.

Van Vlaanderen sê: “Ons het situasies gevind waar die netwerke glad nie geverifieer is nie, en situasies waar persoonlike inligting aan onbekende partye deurgee word.”

Kuberkriminele skep kwaadwillige wifi-kolle in die openbaar waar hulle persoonlike inligting deur ’n man-in-die-middel-aanval steel, verduidelik sy.

Volgens MyBroadband is dit soms moeilik om die kwaadwillige wifi-kolle uit te ken, omdat kriminele soms dieselfde wifi-name (SSID) as amptelike openbare wifi-kolle gebruik.