MOKOPANE – ’n Man het homself Sondag aan die polisie oorgegee vir die moord op sy meisie se vier-jarige dogtertjie. Die man het glo geïrriteerd geraak met die kleuter en haar met ’n selfoonlaaier se koord bygekom. Die ma en haar kêrel kom vandag in die landdroshof voor.
Bron: Netwerk24



