Kimberley-man vermoor glo sy suster

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY  – ’n Man het na bewering sy suster (54) met ’n hamer doodgekap. Die broer en suster het saam in hulle oorlede ouers se huis in Newton Hof, New Park, gewoon.

Saak van moord

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ’n saak van moord wat na bewering op Sondag 16 Februarie 2020 omstreeks 06:00 by Newton hof plaasgevind het. “Daar word beweer die broer van die oorledene het haar met ’n  stomp voorwerp geslaan. Die oorledene is op die toneel dood en die verdagte is in hegtenis geneem. Beide die oorledene en die verdagte is volwassenes en die motief vir die moord word nog ondersoek.”

Gestry die vorige aand

Die bure van die oorledene het aan FiND iT gesê hulle het Saterdagaand ’n gestry tussen die paar gehoor, maar dit het nie ernstig geklink nie. Een inwoner van Newton Court het gesê sy het niks gehoor nie, net die polisie Sondagoggend by die bure se woonstel gesien.

Enigiemand met inligting kan sers. Attie Browers skakel by 067 022 5141.

Die ondersoek duur voort.