Inwoners woedend oor munisipale werkers by kerk drentel

Deel hierdie storie / Share this story

BEACONSFIELD – ’n Inwoner van die buurt was ontstoke oor werkers, glo van die Sol Plaatje-munisipaliteit, wat vanoggend by die Du Toitspan NG-kerk in Dyerstraat rond gesit het.

’n Leser het in ’n e-pos, gerig aan FiND iT, gesê: “Munisipale werkers doen nie hulle werk nie. Hulle word afgelaai en lê en uitkamp op die trappe voor die kerk.”

“Ek voel ’n kerk is ‘n plek wat gerespekteer moet word. Die werkers doen nie hulle werk nie en dis regtig ’n seer oog. Hulle word betaal om te werk en ek voel dit is ons belastingbetalers se geld wat so gemors word,” verduidelik die leser.

FiND het om 12:16 ’n foto ontvang wat van die werkers geneem is. Volgens die leser was daar teen dié tyd nog geen werk gedoen nie.

Herbert Japhta, DA-raadslid van die wyk, kon nie bevestig of dit werkers van die munisipaliteit is nie.

FiND iT het ’n navraag by die munisipaliteit gedoen.