SUID-AFRIKA – Het jy geweet, Februarie is Neem – ’n – hasie – aan – maand?
Dit kan ’n wonderlike en lonende ervaring wees om ’n hasie in jou huis in te bring. Om ’n hasie aan te neem, kan vir ’n hawelose hasie ’n ewige tuiste gee.
Indien jy oortuiging nodig het, hier is 10 redes waarom ’n hasie die perfekte troeteldier is:
- Die eenvoudigste rede van almal – hasies maak wonderlike troeteldiere. Hulle sal jou laat glimlag as jy af voel.
2.Hasies mag klein wees, maar hulle het GROOT persoonlikhede. Konyne kan soet, vriendelik, sag, energiek, stom en ’n bietjie van alles wees. Jy sal verbaas wees oor hoeveel persoonlikheid ’n hasie kan hê!
3. Hasies is vermaaklik. Hulle is intelligent en kan speletjies aanleer.
4. Hasies is vroeg soggens en vroeg saans aktief.
5. In vergelyking met honde of katte, is hasies maklik om te aan te hou. Alhoewel hasies wel die veearts moet besoek vir gereelde ondersoeke, is hulle redelik maklik om te versorg.
6. Hasies neem nie baie ruimte op nie.
7. Volgens wetenskaplike studies kan dit jou spanningsvlakke verlaag as jy ’n hasie vertroetel. As jy met ’n hasie saamkluip, kan dit selfs bloeddruk verlaag.
8. Allergies vir honde en katte? Probeer ’n hasie! Sommige mense wat allergies is vir honde en/of katte, is nie allergies vir hasies nie. Hasies is dan wonderlike alternatiewe troeteldiere.
9. Glo dit of nie, hasies kan 10-12 jaar leef. Dit beteken dat jy baie jare saam met jou donsige nuwe vriend sal deurbring.
10. Hasies is ekovriendelik. Hulle hou van herwinde speelgoed soos toiletpapierrolle vol hooi en gebruikte kartondose met ’n deur wat uitgeknip is.
Daar is jaarliks 21 000 hasies wat weens verskeie redes weggegee word. Wees ’n hawelose hasie se held en gee vir die diertjie ’n ewige en gelukkige tuiste.



