Water in Ernestville lek al weke

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die water in Rudd-en Joelstraat in Ernestville lek al vir meer as twee weke. Inwoners van die gebied is bekommerd oor die hoeveelhede water wat gemors word.

Mia van Niekerk, ’n inwoner van die gebied, het aan FiND it gesê die water lek al vir meer as twee weke. “Talle inwoners van die gebied het die probleem al aan Sol Plaatje-munisipaliteit gerapporteer, maar daar word net niks aan gedoen nie.”

FiND iT het navraag by Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, gedoen, maar het nog geen terugvoer ontvang nie.