September 16, 2021

Valentynsdag bederfies

Valentynsdag bederfies

SUID-AFRIKA – Op 14 Februarie word Valentynsdag nie net landswyd nie, maar ook wêreldwyd gevier.

Waar kom Valentynsdag vandaan?

Valentynsdag het sy oorsprong in die Romeinse fees van Lupercalia, wat in middel Februarie gehou word. Die fees het die koms van lente en ook vrugbaarheid gevier. Aan die einde van die vyfde eeu het pous Gelasius I die Lupercalia-fees met Valentynsdag vervang. Dit word vandag as ’n fees van romanse vanaf die 14de eeu gevier.

Daar was verskeie Christelike martelare met die naam Valentine. Het die dag dalk sy naam gekry van ’n priester wat ongeveer 270 nC deur die keiser Claudius II Gothicus gemartel is?

 Volgens die legende het die priester ’n brief met die woorde “Van jou Valentyn” onderteken. Die brief was aan die dogter van sy tronkbewaarder, met wie hy bevriend was, gerig.  

Ander berigte vertel weer dit was die St. Valentyn van Terni, ’n biskop, na wie die dag vernoem is. Dit is moontlik dat die twee heiliges eintlik een persoon was.

’n Ander mite is dat St. Valentine die gesag van die keiser ondermyn het en egpare in die geheim laat trou het. Dit het oorlog onder mans wat meegeding het vir vroue se liefde in die 15de eeu bekamp.

Dit is om hierdie rede dat die feesdag met liefde verbind word.

Hoe het jou Valentyn jou vandag bederf?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *