KIMBERLEY – Daar het nog ’n waterpyp onder die druk van swak instandhouding gebars. Die water is besig om in Schmidtsdriftweg weg te spoel.
Dawie Griesel, hoof van veiligheid vir AfriForum in Kimberley, sê: “Die hele straat en party besighede is onder water. Die straat lyk soos ’n rivier.”
Sol Plaatje is bewus van die probleem en waterwerke is ontbied.





