August 5, 2021

Polisie opsoek na oorledene se familie

VRYSTAAT – Die polisie op Bethlehem is opsoek na die familie van die oorledene Toka Motloung wat na bewering ’n Lesotho-burger is.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê Motloung se lewelose liggaam is op Sondag 19 Januarie 2020naby ’n taxistaanplek in Commissionerstraat in Bethlehem deur ’n verbyganger gevind. “Tydens die ontdekking was Motloung se identiteit onbekend. Die ondersoek het later aan die lig gebring Motloung is wel ’n Lesotho-burger.”

Enigiemand met inligting oor die oorledene se gesin, word versoek om a.o. Shadrack Mofokeng te kontak by 071 719 0925 of Bethlehem-speurders op 058 307 7944.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *