SUID-AFRIKA – Volgens Primaresearch, ’n navorsingsfirma, is beurtkrag nie deur nat steenkool of ’n te kort daaraan veroorsaak nie.
Die werklike rede vir beurtkrag is glo weens onkundige personeel en ’n gevolglike afname in die nakoming van standaarde vir bedryfspraktyke, berig MyBroadband.
Die bestuur van Eskom sê aan die publiek dit is weens ‘n gebrek aan onderhoud en ’n verouderde infrastruktuur.
Eskom bestee nou die meeste van sy hulpbronne aan onderhoud om te voorkom dat beurtkrag ’n langtermynwerklikheid in Suid-Afrika word.
Primaresearch se verslag beklemtoon egter dat die data van die afgelope jaar nie ’n gebrek aan onderhoud toon nie.



