Ma van drie weer by woonstelle ingelaat

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Crusilda Arendse en haar drie kinders, wat eergister by die munisipale woonstelle in Beaconsfield uitgesit is, is vanoggend ongeveer 11:30 weer toegelaat om in te trek.

Volgens Arendse het sy en haar kinders vir die afgelope twee aande op die trappe by die woonstelle geslaap. Arendse sê sy was verbaas toe iemand van die munisipaliteit vanoggend daar aankom om die toegesweisde deur vir haar te kom oopmaak.

“Ek is ongelooflik bly. Nou kan my kinders weer veilig slaap.”

DA-raadslid, Ockie Fourie, sê hy is verskriklik dankbaar dat Arendse weer ‘n plek het om te bly.