“Geur deurdring die gees, siel en liggaam en roep diep herinneringe op wat vreugde in die hart laat opvlam.”
Wat is geurterapie?
Die departement van kuns en kultuur beskryf dit as enige soort behandeling bedoel om ‘n gesondheidsprobleem te verbeter of ’n siekte te genees, insluitende medikasie, oefening ensovoorts. Die definisie van geur is iets wat aangenaam ruik. Daarom is geurterapie die behandeling van die gees, siel en liggaam deur middel van geure.
Geur het die kragtige vermoë om jou in ’n oomblik weg te voer na ’n aangename herinnering wat jou emosies kan laat opvlam van blydskap. Het jy al ’n parfuum geruik wat jou liefdevol aan jou ouma laat dink het? Of by die bakkery ingestap terwyl die vars brode uit die oond uitkom? Hoe laat dit jou voel?
Die reuksintuig is direk gekoppel aan ons emosies wat dan ’n uitwerking op ons liggaam en denkwyse het.
Wil jy meer weet oor hoe essensiële olies werk in jou liggaam?
Indien jy meer wil weet oor hierdie olies, stuur ‘n e-pos aan [email protected].
Klik hier:



