Drie mans is Vrydag vir die besit van twee renosterhorings in hegtenis geneem.
Nomthandazo Mnisi, polisiewoordvoerder, sê die twee broers, Mateus en David Novela, asook Tomas Francisco, is verlede week Vrydag met twee renosterhorings ter waarde van R648 000 in hul besit betrap.
Volgens Mnisi is die ondersoek deur die Hawks gelei na hulle inligting ontvang het oor ‘n verdagte voertuig 200 km buite die Vioolsdrif-grenspos in Namakwa.
Toe hulle die voertuig deursoek het, het hul ‘n sak met twee renosterhorings gevind. Die drie het Maandag in die hof verskyn en is tans nog in aanhouding.



