ELSIESRIVIER – Tazne van Wyk is sedert Vrydag 7 Februarie 2020 vermis. Die polisie rig ’n nasionale versoek om te help om die agtjarige op te spoor.
Tazne is Vrydag laas deur haar pa gesien toe sy die huis verlaat het om na ’n nabygeleë snoepwinkel te gaan.
Zelda Trantraal, lid van die Ravensmead-gemeenskapspolisiëringsforum, sê: “Die soektog na Tazne is na omliggende gebiede uitgebrei. Die polisie is op soek na Moyhdian Pangkaeker. Hy is die hoofverdagte in die ondersoek. Hy is onlangs vrygelaat uit die tronk en het in dieselfde woonbuurt as die kind en haar gesin gewoon.”
Die polisie ondersoek ’n saak van ontvoering, aangesien Tazne laas saam met haar 54-jarige buurman gesien is.
Indien enigiemand inligting het, kan jy vir sersant Dale Franks by 082 334 8772 skakel.




