Verbrande lyk in veld gevind

Deel hierdie storie / Share this story

GALESHEWE – ‘n Verbyganger het vanoggend ongeveer 06:30 op ‘n verbrande lyk in Otto, Galeshewe, afgekom.

Sers. Matsobane Motladi, polisiewoordvoerder, het bevestig die slagoffer is ‘n man in sy veertigs. Die slagoffer, wat baie lelik verbrand is, is tot op hede nog nie geïdentifiseer nie.

Enigiemand met meer inligting in verband met die moord, skakel vir sers. Motladi by 082 496 0546.