WARRENTON – Die burgemeester van Warrenton se huis is gister tydens betogings met klippe gegooi.
Foto’s van die burgemeester se huis het aan die lig gekom. Inwoners van die gebied staak weens geen dienslewering. Sekere areas is glo vir 11 dae sonder water gelaat.
Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap gaan die gemeenskap vandag toespreek.




