Vermiste Kimberliet slagoffer van tref-en-trap

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Cannon Francois Scheepers (27), van Colville, Kimberley, wat op 26 Januarie 2020 in Johannesburg vermis geraak het, was moontlik ’n slagoffer van ’n tref-en-trap.

Godfrey Davids, Scheepers se boer het aan FiND iT bevestig sy liggaam is in ’n lykshuis in Gauteng opgespoor. “Hy was ’n slagoffer van ’n tref-en trap. Sy liggaam is gevind presies op die plek waar sy selfoon laaste sein gehad het. Hy is met sy identifikasie en beursie gekry. Ons is teleurgesteld omdat niemand ons gebel het om te laat weet wat gebeur het nie.”

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het aan FiND it bevestig Scheepers was ’n slagoffer in ’n tref-en-trap-ongeluk in Gauteng. “’n Saak van strafbare manslag word deur die Gauteng-polisie onder soek en die een van die vermiste persoon sal dan gesluit word.”